|
| Company Name: |
Draaipunt |
| Location: |
London, United Kingdom |
| Services/Products: |
Kerk/Church |
| Contact Number: |
+44 (0) 208 491 2850 |
|
Website:
|
 |
Ons is 'n groep Suid-Afrikaners wat inskakel by die twee Gereformeerde Kerke in Londen: die London City Presbyterian Church (LCPC vir kort) en die Cobham Presbyterian Church (CPC vir kort). Die twee gemeentes is deel van die Free Church of Scotland, 'n kerkverband met wie die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika al vir baie jare 'n goeie verhouding het.
LCPC het al vir baie lank 'n visie vir die bediening van Suid-Afrikaners in Londen, wat stadig maar seker besig is om te realiseer. Ds Kruger de Kock is in 2005 deur die Gereformeerde Kerk Randburg gestuur om LCPC te ondersteun met die uitreik na Suid-Afrikaners in Londen. Cobham Presbyterian Church, wat so paar jaar gelede deur LCPC in Suid-Wes Londen geplant is, het ook ingekoop op hierdie visie en Ds Kruger werk ook saam met hulle om Suid-Afrikaners in hulle groeiende gemeente te verwelkom.
Draaipunt is die Afrikaanse uitreik groep van LCPC en ons kom elke Sondagmiddag 17:00 bymekaar by die "St Botolph-without-Aldersgate" kerkgebou. Van 16:45 is daar koffie en tee beskikbaar en teen 17:00 begin 'n Afrikaanse diens waar ons God saam ontmoet. In die preek fokus ons daarop om God aan die Woord te laat kom - om vanuit sy Woord te hoor wat sy dood en opstanding vandag vir ons beteken. Om 18:30 begin LCPC se aand erediens, 'n geleentheid wat min van ons mis. Hier maak ons iets van God se glorie sigbaar wanneer mense van regoor die wêreld God saam ontmoet en aanbid. Jy is ook welkom om die oggenddiens by te woon om 11:00.
Hier is duisende Suid-Afrikaners reg oor Londen wat 'n behoefte het aan suiwer Woord verkondiging en die gemeenskap van gelowiges. Dan is daar ook baie wat die Here nie ken nie. Ons wil mekaar bedien en ook saam met mekaar uitreik na ander. Eintlik is die beste raad wat ons vir jou kan gee die volgende: Kom skakel in en sien self wat die Here besig is om te doen!
|