South African Online Directory
spacer
Home arrow Forums and Blogs arrow Potgooi - Afrikaans Blog UK
Potgooi Afrikaans Blog
 Company Name:  Potgooi
 Location:  United Kingdom UK
 Services/Products:  Afrikaans Potgooi (BLOG)
 Contact Number:  See Website

 Website:

SA PROMO SA UK Directory - Company Web Link
Potgooi Website
 http://www.potgooi.eu/

Daar is 3 van ons in die Moddereiland gang, dis nou ek, Johan (of Klei Lat soos ek ook bekend is), Anja (wat co-host op die potgooi, en die eintlike ster is), en Fran (wat maar sukkel om saam te praat)

Ons bly nou al van 1999 af hier in London, nadat ons besluit het om n kans te vat, en n nuwe lewe hier op die Moddereiland te begin.

Ons maak elke week n Afrikaanse potgooi (podcast), waar ek en Anja sommer so oor alles en nog wat gesels. Van wat ons in die week gedoen het, tot wat in die nuus aangaan, of dinge waarin ons belangstel. Ons is nie te erenstig nie, want daar is meer as genoeg in die lewe om oor te worry. Vir ons gaan dit oor lekker te gesels, n bietjie musiek te luister, en ons deeltjie te doen om ons Afrikaans aan die gang te hou by die huis.

Ons doel met die potgooi is om Anja weer Afrikaans te leer praat, maar dit gaan maar moeilik, aangesien sy heeltemal ver-engels het. Sy verstaan nog Afrikaans (te goed partykeer), maar sukkel om dit te praat. So ek leef in hoop dat sy weer Afrikaans sal “ontdek”, en dit weer aktief te begin praat.  

Fran praat partykeer saam op die potgooi, maar sy is baie skugter vir die mike, alhoewel op n goeie dag kan sy enige iemand onder die tafel inpraat …………

En dit is meer oor ons in n nutshell.

As jy ons wil kontak, kan jy ons ons of,

  • email: admin(by)potgooi.eu
  • skype: devries_joe
  • yahoo messenger: devries_joe
  • of n post op die blog los.
 
< Prev   Next >
Google
SA Topsites ::